Vakansie-Oord en Konferensiesentrum

English Text

Geleë in die plantryke bergagtige omgewing van Rustenburg in die voetheuwels van die Magaliesberg, 85 km vanaf Pretoria en ongeveer 2 ure se ry vanaf Johannesburg. Die bekoorlike oord het 'n panoramiese uitsig op die Buffelspoortdam en met al die rustigheid daarvan.


Grootter Kaart

Die kompleks bied koue en verhitte swembaddens met 'n verhitte plasbad vir die baie klientjies. Daar is 'n kiosk vir wegneem etes, tennisbane, mini-golf, vlugbal en pluimbalbane en vir die wat die natuur wil verken, is daar voetslaanpaadjies.


Sesbed chalet.

Daar is veertien 6-bed en agt 4-bed modern, volledig toegeruste chalets met braai geriewe. Vir kampeerders is daar 140 karavaan staanplekke met elektrisiteit, braai geriewe en ablusieblokke. Die grasperke is loewer groen en dig en die gebruik van soliede grondseile word nie toegelaat nie. Tente is welkom.

Vir maatskappye en organisasies is daar 'n goed toegeruste konferensie kompleks vir tot 70 afvaardigdes. Moderne oudiovisuele hulpmiddels is beskikbaar. 'n Groot saal is naby geleë.

Die oord kan groot of klein geleenthede aanbied soos besigheidseminare, huweliks -onthale, skoolgroepe en heelwat ander binnemuurse aktiwiteite. Dagbesoekers is welkom maar nie tydens hoogseisoene - skoolvakansies en lang naweke - nie. Naweke word beskou as binneseisoen en gedurende die week buite skoolvakansies, as buiteseisoen.

Navrae kan gerig word aan: Tel: (0142) 72-3004/5 Fax: (0142) 72-3789
PosBus 901, Mooinooi, 0325.

KOMMENTAAR

Ons het die naweek van die 6de Oktober 2000 Omaramba besoek en dit baie geniet. Die chalet was baie skoon en goed toegerus met badhanddoeke maar geen opwasmiddels vir skottelgoed! Neem maar 'n piekniekmandjie saam met messeware en borde vir die Sondagete langs die swembad of by die dakbesoekers gebied want die chalet MOET om 12:00 ontruim word - hulle klop aan jou deur al van 09:00 die oggend om jou te herhinner dat jy die chalet om 12:00 moet ontruim! Vir kampeerders geen probleem nie solank jy dan die terrein teen 17:00 sal verlaat. Die klein winkel is nie baie goed toegerus nie, seker omdat dit buite seisoen was maar 'n bondel vuurmaakhout kos R10 wat ek duur gevind het.

Die terrein is besonders skoon en boomryk, veral inheemse bome. Die voetslaanpad van 7 km is nie baie goed aangedui nie, ons het verdwaal toe die voetpaadjie onder 'n besonders groot Olienhoutboom teen 'n grensdraad dood geloop het. Toe sommer self koers geneem berg op en veel later die voetpaadjie weer gevind. Die bestuur sal die voetslaanpad beter moet aandui. Soos genoem is die terrein en al langs die voet- slaanpad pragtig, bestuur kan gerus 'n boom-en veldplant lys opstel en beskikbaarstel vir voetslaners. Die voëllewe is maar 'n bietjie eina.

Die bestuur hou ook nie daarvan dat mense troeteldiere soentoe bring nie, 'n groot plus punt, daar is dan geen honde wat blaf in die aand nie! Maar soos by alle vakansie oorde is daar rondlopende katte, so moenie kos snags buit vergeet nie.'n Ander positiewe reël van die oord: motorradios mag nie so hard gestel word sodat dit ander gaste steur nie! Wonderlik! Stilte moet gehandhaaf word vanaf 23:00.

Ons het die naweek by Omaramba baie geniet.

Besoek gerus: Tuisblad van Opsafari in Suidelike Afrika.
Kliek op die logo hierbo
of
besoek: http://www.safari-sa.itgo.com